Select Page

Ek & Jy Verhoudings wat werk

Louis Awerbuck with Lise Swart (2018)

Is jou verhouding met jou maat moeilik? Dit lyk asof ons eenvoudig nie weet hoe om verhoudings te laat werk nie. Hier is ‘n werkbare oplossing. In Ek & Jy kyk die outeurs nugter na liefdesverhoudings en vriendskappe in hedendaagse tye: hoe dit ontstaan, ons verwagtinge, hoe om te onderskei tussen korttermyn- en langtermynverhoudings, voorwaardes vir suksesvolle verhoudings, konflikhantering en die rol van temperament. ’n Praktiese handleiding vir nuwe en bestaande verhoudings asook familie of kollegas.

Anderkant uit

Louis Awerbuck with Hanlie Retief (2015)
In Hanlie Retief se gereelde onderhoude in Rapport oorreed sy doodgewone én beroemde mense om hulle harte behoorlik oop te maak en hul geheime met lesers te deel. Anderkant uit is ‘n versameling van onderhoude met dié mense wat trauma en teenspoed beleef het – van verslawing, misdaad en siekte tot verlies – en daarin geslaag het om weer op te staan.

Die onderhoude word opgevolg deur ‘n kort bespreking oor die impak van trauma op dié mense se lewens deur die sielkundige Louis Awerbuck en Lise Swart, aanbieders van die radioprogram Wie is ek? Op RSG. Ons kan nie kies wat met ons gebeur nie, maar – soos hierdie aangrypende onderhoude wonderlik illustreer – kan ons wel kies hoe ons reageer op die onverwagte wat na ons kant toe kom.

Wie is ek?

Louis Awerbuck with Lise Swart (2014)

Vir eeue worstel die mens al met die vraag: “Wie is ek?” In hierdie boek van Louis Awerbuck en Lise Swart word jy as leser op ’n verkenningstog van jouself, jou persoonlikheid en jou menswees geneem.

Die doel van hierdie boek, wat gebaseer is op Louis en Lise se RSG-radioprogram – Wie is ek? – met Louis en Lise, is om mense met kennis te bemagtig sodat hulle hulself en ander beter sal kan verstaan.

Die drie afdelings van die boek – ‘Wie is ek?’, ‘Waarmee sukkel ek?’ en ‘Wat nou?’ is so gerangskik dat die leser stap-vir-stap self-ondersoek kan doen. Daar is vraelyste wat onder andere jou voorkeure en persoonlikheid toets, maar jou ook kan help om te bepaal of jy byvoorbeeld aan depressie ly.